Bloemfontein in die Winter is een van Spoegwolf se gunsteling plekke. Hierdie jaar doen ons een enorme show in ’n legendariese venue – reg in die warm hart van die stad. Ons kom met groter klank en ligte, en natuurlik die grootste verhoog moontlik sodat ons meer kan doen, harder kan sing en hoër kan spring. Dit gaan een van ons malste shows nóg in die Rosestad wees.