Soms beleef ’n mens ’n talent wat só buitengewoon is dat jy van die berge af wil skreeu: Kom kyk! Kom luister! Kom beleef! Karen Petersen is so ’n talent. Van die eerste oomblik af is daar ’n gevoel dat hier iets spesiaals op pad is. Vier strykers, ’n kitaarspeler en ’n blink vleuelklavier op die verhoog.
Karen, geklee in swart, haar hare weggetrek van haar gesig en ’n bril op haar neus. Die tema van die konsert is die soeke na liefde. Hartstog. Allesoorheersend. Met jou hele hart. Van ganser harte. Maar is hierdie liefde almal beskore?
Karen begelei haarself op klavier, en met die passie in haar vertolking en die talent van stem en spel in die oortreffende trap het sy van begin tot einde die gehoor in die palm van haar hand.
Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram!
Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!
Ete: 17:00 (Ingesluit)
Wildspastei, geroosterde baba aartappels en slaai
Vertoning: 19:00
Kontantkroeg
Stuur asseblief enige dieetvereistes per e-pos na info@drostdyteater.co.za